Oor ons
Hier by Prisma is die Here en die mense vir ons belangrik. Ons deure staan oop vir elkeen wat saam met ons wil kom soek na die Here. Hier leef en bedien ons mekaar vanuit ons gebrokenheid, met ons gawes en net soos ons is.
Ons hou vas aan ons Liefdevolle Hemelse Vader, bely ons afhanklikheid in die genade wat Jesus Christus vir ons bewys, en glo in die leiding van die Heilige Gees, dié een wat ons vertroos en ons bystaan.
By Prisma Gemeente is elkeen iemand.
PRISMA se kerk- en spesiale geleenthede
Spesiale gebeure
Senior Burgers
Dinsdae 10:00 in die kerkgebou
Manne- en Vrouebediening
Donderdae 06:00 in die kerkgebou
Eredienstye
27 April
08:30 Ds. Henning Rademeyer
Gesels met ons
Of jy nou eenvoudig wil “hallo” sê, raad vra of hulp van enige aard benodig - ons is hier vir jou en sien uit om saam met jou te kuier. Maak hier ‘n afspraak met een van ons leraars of ondersteuningspersoneel, of stuur vir ons ‘n epos by
admin@prismakerk.co.za
Oor Ons Leraars
Ds. Adelle het in 2017 aangesluit by die gemeente as Jeugwerker en is einde 2021 beroep as predikant vir Jeug en Gesinsbediening. Adelle geniet prediking en is gemaklik met alle ouderdomme en tipes mense.
Ds. Henning het in 2011 sy studies voltooi en is in 2012 beroep na NG Kameelboom gemeente (Tosca), in 2016 is hy beroep na NG Randfontein-Noord gemeente waar hy bietjie langer as sewe jaar deel van die span was. Januarie 2024 begin Henning by Rant en Dal Prisma – hy hou van nuwe uitdagings, nuwe drome en die veranderende kerk.
Bly ingeskakel
Kontak ons vandag om meer uit te vind hoe ons jou kan help.
Kontak ons vandag
Stuur vir ons 'n boodskap hieronder en ons sal so gou as moontlik na jou terugkom.
Teken in op weeklikse nuusbrief
Teken in om weeklikse nuusbrief te ontvang.