Raak Betrokke
Meld hier aan:
Groepe
Word deel van Prisma
Jeug- en Gesinsbediening
By Prisma gemeente is kinders en tieners baie welkom! Ons bedien kinders en tieners op hul onderskeie ontwikkelingsfases en probeer dit doen op ‘n manier wat hulle verstaan en geniet.
Ons glo dat kinders van alle ouderdomme ‘n plek moet hê waar hulle deel van die gemeente kan wees.
Gemeenskapsbetrokkenheid
Mogale Upliftment Foundation is ons gemeente se voertuig waardeur ons projekte in die gemeenskap bestuur. Projekte word verdeel in 4 fokusareas:
- Armoedeverligting
- Bejaardesorg
- Kindersorg
- Vaardigheidsontwikkeling
Lof en aanbidding
Lofprysing by Prisma is nog altyd een van die hoogtepunte by ons eredienste.
Lofprysingsgroepe en tegniese spanne oefen weekliks om 'n platform te skep waarin elke persoon die Here kan ervaar.
Geestelike- en
emosionele ondersteuning
Dit is vir ons belangrik om lidmate ook emosioneel te ondersteun.
Of die behoefte ‘n informele-, ondersteunende gesprek is, of professionele berading/terapie - ons help graag.
Kontak gerug ons kerkkantoor vir 'n afspraak
011 665 2017.